Maak ‘n verskil vanaf R100 ‘n maand!

Loop jou hart oor van liefde hierdie Februarie-maand? Sluit aan by ons valentyns-aanbieding en Borg ‘n Kind deur so min as R100 ‘n maand by te dra.

Ons Borg ‘n Kind projek gee vir jou die unieke geleentheid om ‘n konneksie te vorm en gereelde korrespondensie oor die gegewe kind te ontvang. Die veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit en hoewel jy nie self die gesiggie gaan ontmoet nie, belowe ons dat hierdie projek belonend is vir beide partye.

Vir so min as R100 ‘n maand sal jy hierdie klein mensies bederf asook kosbare brokkies nuus ontvang om hulle beter te leer ken. Sodra jy aansluit by hierdie inisiatief, sal jou debietorder die 1ste, 5de of 15de van elke maand afgaan. Indien jy die bedrag van jou debietorder wil verhoog of die debietorder wil kanselleer kan jy Tammy gerus skakel op 018 294 5347 of design@akpotch.co.za

Hoe werk Sponsor-A-Child?

  1. Besoek ons webtuiste by akpotch.org/ways-to-help/#sponsorachild
  2. Kliek op die “view the children” skakel. (Onder die Sponsor-A-Child afdeling).
  3. Wanneer jy ‘n konneksie voel met een van ons klein gesiggies, laai ons debiet form af en vul dit in. Moenie verplig voel om ‘n spesifieke kind te kies nie, jy kan steeds aansluit vanaf R100 te borg. Jou donasie sal tot die beste van ons vermoë versprei word.
  4. As ‘n alternatief kan ons die nodige dokumentasie aan jou stuur en jou deur die proses lei.

Vat hierdie Februarie ‘n kans op liefde en wees gewaarsku – jou bydrae kan lei tot ‘n warm, hartroerende gevoel 😉. Waarvoor wag jy? Slegs vanaf R100 ‘n maand!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *